RUGBYNUUS - As jy vanoggend wakker geword het en gewonder het of jy gedroom het, nee jy het nie. Dis waar.
Die Springbokke het gisteraand 16-15 teen Engeland gewen.
Hulle speel Saterdagaand 28 Oktober om 21:00 in die finaal teen die All Blacks.
Vrydagaand, 27 Oktober, om 21:00 gaan Argentinie en Engeland dit uitspook om te bepaal wie is die derde beste in die toernooi.
Net soos op baie ander plekke brand die vreugdevure vanoggend ook in George, aan die voet van die Outeniquaberge, hoog na die oorwinning.
Dis egter nie net die rugby wat mense vanoggend laat glimlag .Die onplesierige weer van gister het gewyk en die son skyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’