OUDTSHOORN NUUS - Spring Roses-rugbyklub het op 21 Oktober hul jaarlikse prestasietoekenningsgeleentheid gehou.
Burgemeester Colan Sylvester was die span se eregas op die geleentheid wat in die Toekomsrus-gemeenskapsaal gehou is.
Sylvester het in sy toespraak die spelers gemotiveer om net die beste te gee op die veld.
"As jy jou beste gee kry jy resultate. As jy vir jou spanmaats speel kan niemand julle wen nie. Jy kry uit rugby net wat jy daarin sit."
Hein Coetzee, voorsitter van die klub, het in sy toespraak gesê dat hulle 'n goeie administratiewe jaar gehad het.
"Ons het feitlik op nul begin vanjaar. Danksy borgskappe kon ons die spelers van klubkleure voorsien.
"Dis ook borgskappe wat ons in staat stel om altyd 'n fantastiese jaareindfunksie te hou.
"Ons het wel nie 'n goeie jaar op die veld gehad nie, maar volgende jaar sal ander spanne met ons moet rekening hou.
Voor, van links: Pieter Jansen, (beste B-span voorspeler), Jaco Festus (beste agterspeler), Riaan Lottering (beste A-span voorspeler), Damon Smit het namens Domenic Smit die beker vir beste A-span speler ontvang en André Fortuin (junior sportman van die jaar). Agter is: Eduardo Stal, (mees toegewyde speler), Scott Pretorius (senior sportman van die jaar), Colan Sylvester, Riaan van Wyngaardt (A-span kaptein) en Grant Jonkers. Foto: Ebenezer Titus
"Ek glo in ons spelers. Ek glo dat hulle volgende jaar moeilik geklop gaan word."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'