OUDTSHOORN RUGBY NUUS - Spring Roses-rugbyklub se A-span moes Saterdag in ‘n SWD presidentligawedstryd op die Bridgton-sportterrein harde bene kou om 'n begeesterde Adias van Volmoed naelskraap met 31-28 te klop.
Die skeidsregter het in die laaste minuut van die wedstryd ‘n strafskop aan Adias vlak voor Spring Roses se pale toegeken.
Indien Adias die opsie geneem het om pale toe te skop, kon die wedstryd gelykop geëindig het. Dié span het egter met ‘n vinnige tikskoppie besluit om eerder ‘n drie te probeer druk om die wedstryd in hul guns te beklink.
Spring Roses het hierdie finale aanval van Adias sukesvol afgeweer met die skeidsregter wat die wedstryd direk daarna afgeblaas het.
Lees Vrydag die Oudtshoorn Courant vir die volledige berig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'