Gallery
OUDTSHOORN NUUS - 'n Bekende sakeman van Oudtshoorn, Skillie Pretorius en sy seun FJ, het Donderdagaand, 16 April, tydens 'n spesiale funksie by Oudtshoorn-gholfklub skenkings van SPAR Man of the match-kortbroeke aan 38 rugbyspanne van Oudtshoorn en Dysselsdorp oorhandig.
Elke span het ook tien R200 SPAR-geskenkbewyse ontvang wat die aangewese speler van die wedstryd ontvang.
In gesprek met hom verduidelik hy dat hy en sy seun FJ met die gedagte opgekom het tydens 'n lang rit terug vanaf Kaapstad.
"Ons het dadelik toe ons terug is in Oudtshoorn begin werk maak van ons idee om die spanne in die dorp nader aan mekaar te bring. Ons het al 38 rugbyspanne gekontak, dit sluit in spanne vanaf laerskole, hoërskole, asook die dorpspanne van Oudtshoorn en Dysselsdorp."
Volgens Pretorius het elke span dadelik ingekoop in die idee en is daar Donderdagaand geskiedenis gemaak toe al die rugbyspanne in Oudtshoorn verteenwoordig is deur spanbestuurders, afrigters en spelers. By die laer- en sekondêre skole het die o. 11 A en o. 13 A-spanne broeke en die geskenkbewyse ontvang en by die hoër- en sekondêre skole die o. 16 A en o. 19A-spanne.
Die inisiatief het dadelik groot byval gevind en het elke span met trots hul wedstrydbroek en geskenkbewyse ontvang.
Na afloop van die geleentheid is daar gesellig oor 'n ligte ete gekuier en is daar behoorlik rugby gesels.
Fotogallery: Sakemanne vat hande met rugbyspanne
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’