OUDTSHOORN RUGBY NUUS - Die Sentraal Karoo munisipale rugbyspan het Saterdag in 'n SWD Munisipale Skild-afdeling rugbywedstryd op Prins Albert die Bitou munisipale rugbyspan met 33-24 geklop.
Die rustydtelling was 19-5 in die guns van Sentraal Karoo. Die tuisspan het met klipharde rugby vorendag gekom en Jaco Hendriks (losskakel) van die Sentraal Karoo het die wedstryd met sy taktiese skopwerk en aanvallende spel mooi afgewissel.
Die tuisspan het die toeskouers op hul voete gehad met drieë deur Hendriks en Rendar Lourens (vleuel) van Bitou in die eerste helfte asook Sinesphiwo Piti (skrumskakel) vroeg in die tweede helfte.
Met hierdie oorwinning het Sentraal Karoo die voortou op die algehele punteleer geneem met 20 liga punte na vyf wedstryde. Sentraal Karoo reis die naweek na Sedgefield vir hul laaste wedstryd teen Knysna en benodig slegs een punt uit dié wedstryd om te kwalifiseer vir die finale.
In 'n SWD-rugbyuitdaagreeks het die Oudtshoorn munisipale rugbyspan verlede Saterdag op Blanco teen George met 50-19 verloor.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'