Spanne sal mekaar by die Pacaltsdorp Stadion die stryd aansê met die eerste wedstryd van die dag tussen Oudtshoorn Rugbyklub en Albertinia om 14:00.
Om 15:00 meet All Blacks en Collegians, beide van Oudtshoorn kragte en om 16:00 speel Uniondale United en Harlequins, ook van Oudtshoorn teen mekaar. Om 17:00 speel Evergreens teen Maoris.
Uitspeelwedstryde volg om 18:00 (Wenner 1 teen Wenner 2) en 19:00 (Wenner 3 teen Wenner 4).
Op 1 Februarie word die volgende rondte wedstryde op die Rosemoor-stadion beslis.
Die dag se program lyk soos volg:
- Blanco v/s Jaquars - 14:00
- Groot Brak Rivier v/s Crusaders - 15:00
- Bridgton v/s Mossel Bay -16:00
- Silver Stars v/s Black Lions - 17:00
- 18:00 Wenner 1 teen Wenner 2
- 19:00 Wenner 3 teen Wenner 4
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'