OUDTSHOORN NUUS - Bridgton-rugbyklub het rugbytruie en kortbroeke aan Laerskool Zeekoegat en Laerskool Bongolethu geskenk.
Volgens Leëzl Wilkens, voorsitter van Bridgton-rugbyklub, is hierdie skenking deel van die klub se verbintenis tot gemeenskapsontwikkeling en die bevordering van jeugsport.
“Ons glo daarin om die volgende generasie rugbysterre te koester en sportmangees, eenheid en ’n passie vir die spel aan te moedig,” sê Wilkens.
Elke skool het twee stelle rugbytruie, asook bypassende kortbroeke ontvang. Elke stel bestaan uit 23 truie en broekies, wat sal verseker dat die jong spelers met trots hul skoolkleure op die veld kan dra.
Lede van Bridgton-rubyklub saam met leerders, personeel en beheerliggaamlede van Bongolethu Primêr.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’