OUDTSHOORN NUUS - Die Dysselsdorp Rangers-rugbyklub spog met 'n nuwe stel rugbytruie en broekies danksy die borgskap van Klein Karoo Toyota en Johnsons Bricks.
Volgens die sekretaris van die klub, Keanan du Plessis, is dit 'n eer en voorreg om 'n A-span trui oor jou kop te trek omdat dié voorreg nie alle spelers beskore is nie.
"Ons voel ook geëerd om as trotse verteenwoordigers van Klein Karoo Toyota en Johnsons Bricks op die veld te draf omdat ons ook die borge op die veld verteenwoordig," het Du Plessis gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’