OUDTSHOORN NUUS - Dysselsdorp Rangers-rugbyklub se A-span het die afgelope naweek White Roses in 'n SWD-Karoostreekligawedstryd met 6-3 geklop.
Hulle het reeds halftyd met 3-0 voorgeloop.
Die wedstryd was op White Roses se tuisveld op Uniondale gespeel. Rangers se losskakel, Lesley Baartman, het al sy span se punte aangeteken met twee suksesvolle skepskoppe.
White Roses se B-span het hul wedstryd teen Rangers se B-span met 14-0 gewen.
Nuwe bestuur
Rangers het ook onlangs hul nuwe bestuur aangewys: Die nuwe lede is Andries Jacobs (voorsitter), Lee-Roy Lindt (ondervoorsitter), Keanan du Plessis (sekretaris), Craig Kock (hulpsekretaris), Brain Koopman (tesourier), Mario Oktober (wedstryd-sekretaris) en Johannes Briekwa (trustee).
Die addisionele lede is Freek Oktober, Brendon van Niekerk en Warren Muller.
Die klub is van voorneme om binnekort 'n nuwe president, hoofafrigter en nuwe kapteine aan te wys.
Enige navrae om aan te sluit by die klub kan gerig word aan dysselsrangers1978@gmail.com of skakel 061 970 5077.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'