OUDTSHOORN NUUS - Prins Albert-rugbyklub het Saterdag na Oudtshoorn gereis om Harlequins, die Infanterieskool se span, se eerste twee spanne die stryd te kom aansê.
Die manne van die Groot-Karoo se eerstespan het Harlequins met 25-18 gewen. Harlequins se tweede span het met 8-15 die onderspit gedelf.
Beide die A- en B-spanne het goeie spel opgelewer, maar verspeelde kanse het die telling in beide wedstryde onderdruk. Losballe wat nie opgeraap is nie, aanslane en verbroude skopkanse was aan die orde van die dag.
Die spelers was duidelik nog nie fiks vir die seisoen nie en harde werk lê vir die afrigters voor.
Piet Uys, tesourier van die Prins Albert-rugbyklub, het na die wedstryd gesê, "natuurlik het ons nog skaafwerk om te doen en sal met die volgende wedstryd beter vertoon."
Hy het ook vir Harlequins sterkte toegewens met die res van die seisoen se spel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'