OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Hoërskool Oudtshoorn en Oudtshoorn Vaardigheidskool was die twee plaaslike skole wat vanjaar by die jaarlikse Zibis-sewestoernooi hul onderskeie afdelings gewen het.
Die toernooi het gemiddeld 2 000 toeskouers per dag gelok met altesaam 36 skole (576 spelers) wat deelgeneem het.
Volgens Deon Carelse, die organiseerder, was die dag 'n reusesukses. Hy het ook sy dank teenoor Hoërskool Punt uitgespreek wat hul fasiliteite beskikbaar gestel het sodat wedstryde lewendig op die internet gestroom kon word.
Hy het gesê dat dit jaarliks moeiliker word om dié toernooi winsgewend aan te bied. In hierdie opsig het hy die hoofborg PPC sement en Scolla Books bedank vir hul voortgesette bydra. "Sonder hul finansiële ondersteuning sal hierdie toernooi nie kan plaasvind nie."
Die o.16 Struisie-span het die bekerafdeling gewen. Foto verskaf
Uitslae:
- o.19 Beker - Albert Myburgh (Bredasdorp) klop Bridgton Sekondêr met 17-13 in die finaal.
- o. 16 Beker - Hoërskool Oudtshoorn klop Albert Myburgh 29-24 in die finaal.
- o.13 Beker - Esselen Park Primêr klop Colridge Primêr met 36-7 in die finaal.
- o.16 Trofee - Oudtshoorn Vaardigheidskool (wenners).
- o.13 Trofee - All Saints Primêr (wenners).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'