Die finale wenners van die Zibi-sewestoernooi was die o.19-span van Ashton Sekondêr wat hul wedstryd teen Swellendam Sekondêr met 24-0 gewen het. In die o.16 afdeling was dit Hoërskool George wat met die beker weggestap het na hul wedstryd teen Bridgton Sekondêr met 'n telling van 19-10 en in die o.13-afdeling het Colridge Primêr met die beker huis toe gegaan na hul wedstryd teen Haarlem met 'n telling van 22-7.