Oudtshoorn het Dysselsdorp met 58-16 geklop na die volstruisboere reeds teen rustyd met 25-9 voorgeloop het. `n Broodnodige bonuspunt is met dié oorwinning verdien.
Die tuisspan se driedrukkers was Willroy du Plessis, Jeandré Fourie, André Venter (2), Leander Botha, Cecil Jones, Hardus Coetzee en Juan Heunis. Charlton Prinsloo het vyf drieë verdoel en twee strafskoppe oorgeskop.
Oudtshoorn se tweede span het hul wedstryd met 28-13 gewen. Die halftyd-telling was 13-10, in Oudtshoorn se guns. Salman Claassen, Francois Gelderbloem, Emile Botha en Jaco Marx het drieë gedruk.
Môre speel Oudtshoorn tuis teen Beaufort-Wes.
André Venter oppad na die eerste van sy twee drieë.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'