OUDTSHOORN RUGBY NUUS - All Blacks-rugbyklub se eerstespan het Saterdag naelskraap met 28-27 teen Oudtshoorn in 'n Presidentsligawedstryd gewen.
Beide klubs se voorsitters, Damon Gysman (All Blacks) en Ferdie van Rensburg (Oudtshoorn), het na die wedstryd gesê skitterrugby het geseëvier.
Die telbord het wipplank gery en beide spanne het meedoënloos aangeval en verdedig. Gysman het gesê: "All Blacks was gemotiveerd om te wen en daardie honger het ons tot die einde deurgedra."
Dit was All Blacks se skrumskakel, Larry Paulse, wat 'n klop op die skouer verdien. Paulse het 22 van sy span se 27 punte aangeteken. Hy het twee keer gaan druk en met twee doelskoppe en twee strafskoppe geslaag.
Van Rensburg het gesê: "Dit was verblydend om te sien hoe beide spanne van meet af aan hard ingeklim en skitter spel gelewer het."
Oudtshoorn was in die tweede helfte met 28-16 agter, maar het teruggeveg. Kort voor die einde het Oudtshoorn met 'n oop doellyn voor hulle 'n hanteerfout begaan, wat hulle die wedstryd gekos het.
All Blacks se tweedespan het met 15-13 gewen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'