OUDTSHOORN NUUS - Tiaan Fourie, 'n oud-Struisie wat verlede jaar gematrikuleer het, is gekies om Bloemfontein Rugbyakademie volgende jaar gedurende Junie in Amerika te verteenwoordig.
Fourie is direk na skool na die akademie waar hy sy rugbytalente verder geslyp het.
Daarna is hy gekies vir die Cheetahs se o.19-oefengroep asook die Griekwas se o.20-span. Hy is ook gekies om 'n gekombineerde 7's Vrystaat-rugbyspan in Mauritius te verteenwoordig waar hulle die beker gewen het.
Enige persoon of instansie wat 'n bydrae wil maak om sy deelname volgende jaar in Amerika moontlik te maak kan vir Marinda by 084 4655 661 of Kobus by 062 818 0313 kontak. Intussen gaan sy familielede voort met hoender- en melkverkope om geld in te samel om sy kostes te help dek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'