TUINROETE | KAROO NUUS - Drie oudskoliere van die Hoër Landbouskool Oakdale is onlangs in die Junior Springbokspan ingesluit.
Paul de Villiers (hoofseun van 2021), Neil le Roux (2021) asook Corné Rahl (2020) is ingesluit in die span wat aan die Ses Nasie Somerreeks in Italië gaan deelneem.
Dit vind vanaf 24 Junie tot 12 Julie plaas.
De Villiers (van George), Rahl (Montagu) en Le Roux (Uniondale) het vroeër vir die Oakdale vyftiental uitgedraf.
Ons dra ons gelukwensing aan hulle oor en wens hulle alle voorspoed toe.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'