Die eindtelling was 44-15 in Oudtshoorn se guns, na die tuisspan halftyd met 20-8 voorgeloop het.
André Venter (2), Francois Gelderbloem (2), Alvaro de Nobrega en Jaco Terblanche het agter die pale gaan kuier. Charlton Prinsloo het vier drieë verdoel en twee strafskoppe oorgeskop.
Oudtshoorn se tweede span het met 45-14 gewen. Die halftyd-telling was 19-7 in die volstruisboere se guns. Francois Gelderbloem (2), Salman Claassen, Charles Willemse, Mike Stegmann, Piet Otto en Emile Botha het drieë gedruk. Heico van Wyk het vier verdoelskoppe oorgeskop.
Oudtshoorn geniet hierdie week `n ruskans voor volgende week se weg-wedstryd teen Beaufort-Wes.
Emile Botha met een van sy kenmerkende stormlopies vir Oudtshoorn se tweedespan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'