OUDTSHOORN NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se o.15-span het as oorwinnaars uit die stryd getree tydens die onlangse sewestoernooi wat in die Paarl aangebied is.
Die span het in die halfeindstryd die span van Monnas met 31-5 geklop. In die eindstryd het die jong Bulletjies die span van Boishaai oortuigend met 40-19 gewen.
Die o.15 A-sewesspan wen die Marius Schoeman-sewestoernooi asook R10 000 vir die skool. Neil le Roux, van Oudtshoorn, word as die speler van die toernooi aangewys.
Hy ontvang ook 'n R5 000 geskenkbewys van Puma.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'