RUGBY NUUS - Klubrugby in die SWD word Saterdag 6 Augustus hervat ná 'n naweek van rus vir die meerderheid spanne in al die afdelings.
Die Superliga A-bepalings vir week 17 lyk al meer interessant met Heidelberg rugbyklub, alombekend as Heibi, in die tweede plek op die puntelys ná die onoorwonne Crusaders van George, die verdedigende kampioene.
Heibi sal egter Saterdag in hul wegwedstryd in George op hul beste moet wees om die aanslag van Progress, wat kort op hul hakke in die derde posisie is, af te weer.
Die kompetisie in die Superliga B-liga behoort ook groot wedywering veral onder die drie Hessequa-spanne te lok.
Tans beklee Seagulls die eerste posisie met 54 punte, Albertinia Rangers lê tweede met 53 punte, All Blacks en Riversdal Blues derde met 52 punte.
All Blacks het egter een wedstryd minder as die Hessequa-spanne gespeel.
Die wedstrydbepalings is soos volg (tuisspanne eerste)
Superliga A
- Progress teen Heidelberg;
- George teen Barbarians;
- Groot-Brakrivier teen Evergreens;
- Crusaders teen Maori's;
- Jaguars teen Bridgton en
- Blanco teen Eagle Stars.
Superliga B
- Seagulls teen Collegians;
- Mosselbaai teen Albertinia Rangers;
- Prins Albert teen Riversdal Blues;
- Spring Roses teen Happy Hearts;
- Knysna United teen All Blacks en
- Thistles teen Silver Stars.
Eersteliga-Oos
- Harlequins teen Uniondale;
- Adias teen Zoar en
- Ladismith teen Willowmore.
- Calitzdorp het 'n loslootjie.
Eersteliga-Wes
- Riversdal teen Young Roses en
- Bitou teen Greater Knysna.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'