OUDTSHOORN NUUS - Die kragmeting tussen Heidelberg en Evergreens (in Heidelberg) komende Saterdag, 2 Augustus, kan straks die hoogtepunt van die SWD-rugbyunie se Top 8-klubkompetisie wees.
Dis die twee voorlopers - Heidelberg met 35 punte en Evergreens met 33 punte - wat mekaar gaan aandurf en 'n verwoede stryd kan hier verwag word.
Evergreens sal beslis wil opmaak ná sy skoknederlaag teen Blanco die afgelope naweek, maar in Heidelberg daag jy nie sommer op en klink die tuisspan om nie.
Nie dat die tweestryd tussen Bridgton (33 punte) en Progress (29 punte) in Oudtshoorn nie ook groot belangstelling gaande maak nie. Albei spanne is nog sterk in die wedloop en sal harde praatwerk tussen die kalklyne op die speelveld doen. Glo my, dit gaan nie speletjies wees nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’