Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Agt laerskole in Oudtshoorn, De Rust en Dysselsdorp het Dinsdag ’n groot hupstoot gekry met die skenking van rugbyballe.
Die skole wat baat gevind het, is Sacred Heart Primêr, PJ Badenhorst Primêr, Colridge Primêr, St. Konrad Primêr, De Rust Primêr, De Villiers Primêr, Saturnus Primêr en Dysselsdorp Primêr.
Die projek is gekoördineer deur Kalbas Nell, ’n bekende in skole rugbykringe.
Volgens hom was daar ’n behoefte aan kwaliteit rugbyballe by die laerskole en het hy gehelp om die skenkings te bekom en aan die onderskeie skole te oorhandig. Die o. 13 A-rugbyspanne van hierdie skole het spesifiek oefenballe ontvang om hul vaardighede verder te ontwikkel.
FOTOGALERY: Rugbyballe aan skole oorhandig
“Plaaslike ondernemings het dadelik gehelp om die balle vanaf SARLA Kaapstad na Oudtshoorn te vervoer en te versprei. Alert Patrol en Oudtshoorn Ford het ’n belangrike rol gespeel in hierdie logistiek, en spesiale dank gaan ook aan die South African Rugby Legends Association (SARLA) vir hul betrokkenheid by die bevordering van sport op die platteland.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’