OUDTSHOORN NUUS - Klein Karoo Agri (KKA) het verlede week nuwe speeldrag en klere aan die bestuur van Bridgton-rugbyklub oorhandig.
Hierdie borgskap van KKA strek oor drie jaar en vanjaar is die tweede jaar wat KKA splinternuwe klerasie aan die klub oorhandig.
KKA het Bridgton alle voorspoed met vanjaar se seisoen toegewens.
Baartman het op sy beurt KKA bedank vir hul volgehoue borgskap en tesame met die voorsitter Jason Abrahams hul opregte dank uitgespreek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’