OUDTSHOORN NUUS - Die SWD Karoostreekrugbyunie het verlede Vrydagaand by die departement korrektiewe dienste se klubhuis 'n afskeidsfunksie vir Hennie Baartman (50) gehou.
Baartman is onlangs op die uitvoerende raad van Saru verkies nadat hy reeds sedert 2010 as president van SWD-rugby dien.
Sprekers van Beaufort-Wes, DKD, Dysselsdorp, Glen Roses, Kango United, Swings, White Roses en Young Leaves was almal teenwoordig om hulde aan Baartman te bring.
Die algemene sentiment van al die sprekers was dat Baartman diep spore in terme van voetsoolvlak-ontwikkeling en finansiële bemagtiging in SWD-rugby getrap het en dat daar gestreef sal word om te bou op die fondasie wat hy gelê het.
Baartman, wat ook hoof van Eljada Kairos Skool is, het in sy toespraak gesê dat dit vir hom 'n groot voorreg was om SWD-rugby te kon dien en dat hy uitsien na die nuwe uitdaging wat voorlê.
Na afloop van die formaliteite is die gaste met 'n heerlike ete getrakteer.
"Ek is bewys dat jou omstandighede nooit hoef te bepaal wat jou eindbestemming moet wees nie omdat my ouers doodeenvoudige mense was. As gevolg van omgee en respek vir mense het deure vir my reeds sedert 'n jong ouderdom oopgegaan.
"My lewensfilosofie is dat jy elke dag vir iemand iets moet beteken en nie andersom nie. Die sleutel tot vooruitgang is dat jy nooit jou eie belange eerste moet stel nie, maar altyd gewillig moet wees om te dien," het Baartman gesê.
Norman Arende van die SWD Karoostreekunie het gesê dat Baartman die unie in moeilike tye suksesvol gelei en toeganklik gemaak het en die unie se beste wense aan hom toegewens.
Na afloop van die formaliteite is die gaste met 'n heerlike ete getrakteer.
Baartman se opvolger sal binnekort aangewys word.
Norman Arende van die SWD Karoostreekunie het gesê dat Baartman die unie in moeilike tye suksesvol gelei en toeganklik gemaak het en die unie se beste wense aan hom toegewens. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'