OUDTSHOORN NUUS - Die SWD o.13 Sewes proewe het Saterdag 5 Augustus in Oudtshoorn op die Rec plaasgevind.
Ses streke, naamlik Karoo, Mosselbaai, George, Hessequa, Knysna en Oudtshoorn het aan die proewe deelgeneem en elk twee wedstryde gespeel. Die keurders sal nou 'n groep van 15 spelers uit die ses streke kies.
Hierdie spelers sal op 19 Augustus aan die finale proewe op die Rec deelneem.
Dieselfde dag vind die o.12-SWD eerste ronde proewe plaas.
Die finale SWD o.13 Sewesspan, bestaande uit 12 spelers word dan aangewys. Dié span sal van 28-30 September aan die o.13 Sewes nasionale toernooi in Bloemfontein deelneem.
Die tweede ronde o.12-proewe vind Vrydag 25 Augustus in George plaas. Daar sal twee spanne gekies word wat vanaf 28-30 September aan die interprovinsiale toernooi in Riversdal sal deelneem.
Die interprovinsiale toernooi bestaan uit spanne van Grens, Boland OP SWD en Namibië.
'Ons bring jou die nuutse Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'