OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Harlequins-vrouerugbyklub se A-span het Saterdag in 'n vriendskaplike wedstryd hul eweknie van DKD (departement korrektiewe dienste) met 44-0 geklop.
Albei klubs speel Saterdag (môre) in hul onderskeie SWD Vroueliga-eindstryde op Outeniquapark in George en hierdie wedstryd was slegs ter voorbereiding daarvan.
Harlequins sal teen George Lillies in hul A-liga finaal om 14:15 te staan kom. DKD sal in hul B-liga eindstryd vir Albertinia Roses pak.
In die SWD Presidenstliga eindstryd om 16:00 is dit Eagle Stars van Sedgefield teen Mosselbaai. Die einste Mosselbaai het verlede Saterdag verras toe hy All Blacks vir 'n plek in dié eindstryd geklop het.
Die groot wedstryd van die dag is egter die SWD Mic Fin Premierliga eindstryd tussen Crusaders en Evergreens wat om 18:00 sal begin.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'