OUDTSHOORN NUUS - Harelquins Magte het die afgelope naweek hul jaareindfunksie by Smitswinkel gehou.
Volgens IE van Wyk, die direkteur van Harlequins Magte, was die speler wat vanjaar uitgeblink het R. Behrends.
"Hy is as sportman van die jaar, speler van die jaar en beste voorspeler van die jaar aangewys."
Van Wyk sê hulle wil ook Issie Baartman van Moneyhelp en Liberty bedank vir die truie wat hulle die jaar aan die klub geskenk het.
Hy het verder gesê dat daar vier afrigtersposisies vir 2018 by die klub beskikbaar is. Afrigters of voornemende afrigters wat belangstel kan Van Wyk by 081 575 6887 skakel of hul CV's aan irvinvanwyk@yahoo.com stuur.
Hul voorseisoenprogram begin op Maandag 8 Januarie 2018 om 19:00 by die weermagbasis.
Vervoer sal vanaf die Toekomsrus-toring om 18:00 vertrek.
Die spelers wat trofeë gekry het is voor, van links: J. Van Wyngaard (mees ontwikkelde speler en beste B-span voorspeler), R Behrends (sportman van die jaar, speler van die jaar en beste voorspeler van die jaar), K Esau (meeste punte, beste A-span agterspeler en beste militêre speler), L Barnard (beste sewes speler en spelers speler van die jaar). Agter: K Rank (hoofafrigter), I Wicomb (beste B-span agter speler en Junior sportman van die jaar), W Campbell (mees lojale speler van die jaar).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'