OUDTSHOORN NUUS - Die Paasnaweek-toernooi, wat van 17 tot 21 April deur Impact Sport Events op die Bridgton-sportterrein aangebied is, het groot opwinding en gemeenskapsamehorigheid na Oudtshoorn gebring.
Vir die tweede agtereenvolgende jaar het Harlequins- rugbyklub hulle staal gewys deur as algehele wenners uit die stryd te tree - en dié keer met 'n indrukwekkende sege van 26 -16 teen All Blacks RFC in die eindstryd.
Agt rugbyklubs en tien netbalspanne het aan die toernooi deelgeneem, met deelnemers van regoor die streek.
Die rugbyspanne het ingesluit: Oudtshoorn RFC, All Blacks RVK, Spring Roses, Harlequins, Collegians, Hampshire (Graaff-Reinet), Villagers (Worcester) en Barbarians.
Op skoolvlak het Bridgton Sekondêr, Hoërskool Môrester, Protea Sekondêr en Aurial College sake uitgespook.
Die program is Saterdag aangevul met 'n spesiale o.13-ontwikkelingskliniek, aangebied deur Jerome Jantjies, wat jong spelers die geleentheid gegee het om waardevolle vaardighede op te doen.
Sondag is 'n Gospel Extravaganza gehou, wat 'n feestelike atmosfeer en gemeenskapsgees verder versterk het.
Rugbyuitslae:
Dag 1:
- Oudtshoorn RFC 5 - 40 Harlequins
- Collegians 6 -18 Spring Roses
- Hampshires RFC 17 - 22 All Blacks RFC
Dag 2:
- Aurial Kollege 24 - 5 Bridgton Sekondêr
- Hoërskool Môrester 7 - 5 Hoërskool Protea
- Spring Roses 3 - 15 All Blacks RFC
- Hampshire 17 - 0 Oudtshoorn RFC
- Harlequins 47 - 31 Collegians
Eindstryd-uitslae:
- Protea Sekondêr 13 - 12 Bridgton Sekondêr
- Hoërskool Môrester 5 - 8 Aurial Kollege
- Spring Roses 17 - 27 Hampshires
- Harlequins 26 - 16 All Blacks RFC
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’