OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Opwindende hardlooprugby was verlede Vrydag aan die orde van die dag by die Bridgton-sportterrein of te wel "Die plate" soos dit ook bekendstaan.
Die wedstryde het om 14:00 begin en is goed ondersteun deur talle leerders sowel as die gemeenskap.
In die eerste wedstryd het Bridgton Sekondêr (BSS) se o.16-span die van Oudtshoorn Vaardigheidskool in 'n vriendskaplike wedstryd gepak.
Daarna het die o.18 Oudtshoorn-streekspan vir Knysna/Plett-streekspan aangedurf en hulle met 31 - 5 verslaan.
Die laaste wedstryd (vriendskaplik) van die dag is gespeel deur BSS.19 teen Huis Outeniqua.
Vir my sien jy nie weer nie boeta!
Vreeslose opwindende rugby was aan die orde van die dag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'