`n Keuse van drie pakkette is aan klubs gebied wat oefen- en wedstrydballe, duiksakke en kegels insluit.
Martin de Vos, SWD ontwikkelingsbeampte, het tydens die oorhandiging gesê dat die waarde van die toerusting wat aan klubs in die unie gegee word op R150 000 bereken word.
Hennie Baartman, president van die unie, het Dinsdag gesê dat dié projek deur SARU befonds word.
Benewens die toerusting, sal klubs soos jaarliks die gebruik is, weer geld van die unie ontvang.
_1644346603_tn.jpg)
Verteenwoordigers van verskeie rugbyklubs in en om Oudtshoorn het Dinsdag hul toerusting van die SWD Rugby Unie ontvang. By die groep staan Hennie Baartman (president, SWD Rugby) en Martin de Vos (ontwikkelingsbeampte, SWD Rugby). Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'