CALITZDORP NUUS - Dysselsdorp Rangers het die eerste ronde van die SWD Karoo-streekligakompetisie Saterdag 2 Junie met 'n bonuspuntoorwinning oor Calitzdorp afgesluit.
Die eerstespan het sy eweknie van Calitzdorp met 27-16 gewen, nadat hy rustyd met 20-9 voorgeloop het.
Vir die wenspan het Davestin Esau, heelagter, twee drieë gaan druk en Lee Roy Jansen, flank, en die speler van die wedstryd, die 19-jarige skrumskakel, Shawandré Lewis, elkeen een.
Donnie Makonie, senter, het een van die drieë verdoel en ook met 'n strafdoel geslaag. Patrick Jaftha, vleuel, het ook 'n drie verdoel.
Uitblinkers vir Dysselsdorp, agterlangs, was Shawandre Lewis, Donnie Makonie, en Jason Jantjies, losskakel. Voorlangs was dit Lee Roy Jansen en André Fredericks, slot, wat puik vertoon het.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'