DYSSELSDORP NUUS - Dysselsdorp Rangers se eersterugbyspan het Saterdag 28 April sy onoorwonne status in die Karoo-streekkompetisie behou, toe hulle vir Glen Roses op Avontuur met 33-9 geklop het.
Die rustydtelling was 7-3 in die besoekers se guns.
Dit is Dysselsdorp se vierde agtereenvolgende oorwinning. Dysselsdorp het Saterdag vyf drieë gedruk en sodoende 'n 'n bonuspunt gekry.
In die eerste helfte het hulle gesukkel om die gedugte verdediging van Glen Roses te deur te breek.
In die tweede helfte het die voorspelers inisiatief geneem en die verdediging in losskrums ingetrek om die spasies aan die buitekant te skep vir die agterspelers.
Vir Dysselsdorp het Lee Roy Jansen (flank), Eric Campher (agsteman), Shavandré Lewis (skrumskakel), Donnie Makonie (losskakel) en Davestin Esau (heelagter), elk een drie gedruk. Esau het ook vier drieë verdoel.
Uitblinkers vir Rangers was voorlangs Campher, Jansen, André Fredericks (flank), asook Peet Samson. Agterlangs het Donnie Makonie, Faizel Jaftha en Shavandrë Lewis ook puik gespeel.
Dysselsdorp Rangers speel eerskomende Saterdag teen Korrektiewe Dienste op Oudtshoorn nadat die wedstryde herskeduleer is en Korrektiewe Dienste die tweede ronde na Dysselsdorp sal reis.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'