OUDTSHOORN RUGBY-NUUS - Dysselsdorp Rangers-rugbyklub het nuwe truie, broekies en kouse van die departement sport en kultuur as deel van die departement se klub se ontwikkelingsprogram ontvang.
Die truie is tydens 'n spesiale geleentheid deur 'n amptenaar van die departement Mandilakhe Matika aan die klubvoorsitter, Andries Jacobs, oorhandig.
Volgens Jacobs borg die departement die klub se vervoer en uitrusting vir drie jaar en is die klub reeds vir die tweede jaar deel van die klubontwikkelingsprogram.
Hy het die departement namens die klub, spelers en ondersteuners bedank.
Andries Jacobs, voorsitter van Dysselsdorp Rangers, ontvang die skenking van Mandilakhe Matika. Van die bestuurslede is Daniel Kock, Johannes Briekwa, Pieter Schoeman (visevoorsitter) en Brian Koopman (tesourier). Afwesig: Warren Muller, Brandon van Niekerk, Salome Samson en Dawn Geswindt.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'