OUDTSHOORN NUUS - Dysselsdorp Rangers-rugbyklub het die afgelope naweek teen DKD Arende in 'n Karoo-streekligawedstryd op Dysselsdorp-sportstadion met 29 - 3 geklop. Vir Dysselsdorp het Auburn Baartman, Leagen Swartz, Angelo Damons (kaptein) en Chris Jaftha agter die pale gaan kuier.
Die losskakel, Brendon Gertse, was sukses-vol met drie doelskoppe plus een strafskop. Rangers se B-span was ook aan die wenkant met 22 - 5.
Beide spanne van Rangers beklee tans die 2de plek op die puntestand van die Karoo-streekliga. Rangers her raadslid Sharon van Rooyen bedank vir die skenking van twee rugbyballe.
Die klub se volgende wedstryd is dié naweek teen Young Leaves van Waboomskraal.
Faizel Antoni (skrumskakel) van Rangers gee die bal uit. Foto's: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'