Die kannetjies kon eerstehands by sommige van die beste amateur-rugbyspelers in die land leer oor die spel. Selfs die legendariese Frik du Preez het iemand nodig gehad wat hom kon wys hoe om te 'drop', druk en 'place'.
Die oud-Springbokafrigter, Peter de Villiers, was ook byderhand om van sy kennis en ervaring te deel. De Villiers het in Junie vanjaar die pos aanvaar as direkteur van rugby by die Universiteit Wes-Kaapland en is deesdae ten nouste betrokke by die ontwikkeling van amateur-spelers.
Lede van die Oudtshoorn besigheidskamer was ook borge vir die twee betrokke dae. AIFA/AIVIC, PG Glass, Pennypinchers, Wilck Spar, Turnberry Boutique Hotel en Sanlam het hul deel gedoen om plaaslike talent te ontwikkel.

Daar is hard gewerk aan ondersteunende spel.
FOTO'S: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS