OUDTSHOORN NUUS - Bridgton-rugbyklub se A-span moes die afgelope naweek met 'n nederlaag tevrede wees toe hulle met 27 - 11 in 'n Super A ligawedstryd teen Crusaders op die Oudtshoorn-sportterrein vasgeval het.
Dit was uit die staanspoor duidelik dat dit 'n lang dag op kantoor gaan wees met Crusaders se voorspelers wat die pap behoorlik dik aangemaak het in die vastelos.
Die tuisspan was onder enorme druk by die afbreekpunte met talle belowende bewegings wat skipbreuk gelei het as gevolg van balle wat na willekeur gesteel is.
Bridgton het as 'n eenheid moedig voor hulle tuisskare geveg, maar skrapse balbesit wat doelloos weggeskop is en power man-op-man-verdediging, het hul pogings gekniehalter.
Bridgton se volgende wedstryd is hierdie naweek teen Blanco in George.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'