RUGBY NUUS - Ondanks die feit dat Bridgton-rugbyklub se A-span gistermiddag (Saterdag 23 September) vyf drieë teen Groot-Brakrivier gedruk het, moes hulle uiteindelik die knie met 40-27 buig.
Hierdie loesing beteken dat die maroentruie se aanslag op 'n plek in die uitspeelwedstryde van die baan af is.
Dit blyk 'n uitgemaakte saak te wees dat Bridgton nou in die algehele vyfde plek op die punteleer sal eindig; 'n verbetering van laas jaar se agste plek.
Diè SWD Super A-ligawedstryd was by 'n stampvol Bridgton-sportgronde gespeel in koue toestande.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’