OUDTSHOORN RUGBYNUUS - All Blacks se A-span het die naweek sy status as die beste span tot dusver vanjaar in die Karoostreek bevestig toe hy Collegians in 'n SWD presidentsliga wedstryd op die Bridgton-sportterrein met 30-11 van die baan gevee het.
Collegians kon in die eerste helfte nie All Blacks se spoed agterlangs hanteer nie en was reeds teen rustyd met 25-6 agter.
In die tweede helfde het Collegians baie beter as 'n eenheid gespeel, maar selfs dit kon nie verhinder dat die All Blacks hul vierde drie (bonuspunt) vir die wedstryd druk nie.
All Blacks het met dié oorwinning sy eerste posisie (54 punte) op die Karoostreekliga punteleer verstewig.
Op die algehele SWD presidentsliga punteleer beklee dié span die tweede plek (56 punte), 'n kortkop agter Eagle Stars (56) van Sedgefield, wat tans die voorlopers is,
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'