OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Die SWD Premierligawedstryd tussen All Blacks en ODN-rugbyklub Saterdag op die Oudtshoorn-sportterrein was voor die afskop geklassifiseerd as die spreekwoordelike stryd tussen die twee Bybelse karakters, Dawid en Goliath.
All Blacks (Goliath) is tans die topspan in die Karoo-streekliga, terwyl hulle ook die tweede algehele posisie op die SWD Presidentsliga-punteleer beklee. Daarenteen beleef ODN-rugbyklub (Dawid) tans 'n nagmerrie-seisoen, en was dié klub uit 'n totaal van 13 wedstryde vanjaar, nog net drie keer aan die wenkant.
Tans beklee hulle die laaste posisie op die algehele SWD Presidentsliga-punteleer. Selfs die getrouste ondersteuners van ODN-rugbyklub het vooraf hul hoop uitgespreek dat die loesing wat op hul wag nie te groot moet wees nie.
Groot was almal se verbasing dus toe die volstruise nie hul koppe onder die grond gesteek het nie, maar eerder van meet af aan hul intensies duidelik gemaak het dat 'n All Black-wen nie 'n uitgemaakte saak is nie.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'