RUGBYNUUS - All Blacks-rugbyklub se A-span het verlede Saterdag op die Bridgton-sportterrein vir Silver Stars van George in 'n SWD Super B-liga wedstryd met 20 - 12 geklop.
Die halftydtelling was 13 - 12 in die tuisspan se guns. Beide spanne het twee drieë elk gedruk.
All Blacks se B-span was hopeloos te sterk vir hul opponente en was met 57 - 15 baas.
In die proses kon die span 'n allemintige sewe drieë druk. All Blacks se volgende wedstryd is eerskomende Saterdag teen Collegians by die Bridgton-sportterrein.
Curtley de Laan, agsteman breek deur 'n gaping.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’