RUGBY NUUS - All Blacks-rugbyklub se A-span het die afgelope naweek in 'n SWD Super B-liga wedstryd by die Oudtshoorn-sportterrein vir Happy Heart met 38 - 20 gewen.
In die proses het die A-span 'n waardevolle bonuspunt ingesamel.
In totaal het dié span ses drieë teenoor Happy Hearts se drie drieë gedruk.
Vir All Blacks het Nathan Baartman (vleuel), Eshlin Olkers (vleuel), Denver Lutz (senter), Damian Januarie (losskakel), EaJ Carew (skrumskakel) en Anslin Wienster (agsteman) agter die doellyn gaan kuier.
Duwayne Januarie heelagter was suksesvol met vier doelskoppe. Met hierdie oorwinning beklee All Blacks nou die 5de posisie op die algehele punteleer met 22 punte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’