GEORGE RUGBY-NUUS - Adias-rugbyklub het die afgelope naweek White Roses van Uniondale oortuigend met 68-7 op die Plate geklop.
Lionel Prinsloo, die afrigter, sê sy span se wenresep was uitstekende kondisionering.
"Die span het vir 80 minute voluit gespeel. Hulle het 12 drieë in die hele wedstryd gedruk en vyf van die drieë was in die eerste helfte."
Die span se puntemakers was:
Drieë: Charlton Prinsloo (3), Bradley Arries (2), Francois Gelderbloem (2), Bradwill Gericke (1), Evan Scholtz (2), Greg Jullies (1) en Realdo Muller (1).
Prinsloo het twee drieë verdoel en Arries het 'n strafskop deur die pale gejaag.
Adias speel Saterdag teen Glenroses.
Bradley Arries druk een van sy twee drieë. Foto: Ebenezer Titus
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'