OUDTSHOORN RUGBYNUUS - So naby, en tog so vêr.
Dit is hoe Adias se vertoning Saterdag opgesom kan word toe hulle in 'n SWD presidentsligawedstryd teen Prins Albert-rugbyklub op die Oudtshoorn-sportterrein net-net met 33-29 vasgeval het.
Dit is hul derde agtereenvolgende wedstryd in die tweede rondte van dié liga dat hierdie span van Volmoed in die doodsnikke van 'n wedstryd vasval.
Hul vorige wedstryde was teen Spring Roses (31-28) en verlede week teen Willowmore (28-26).
Alhoewel Adias vyf waardevolle bonuspunte (vier drieë gedruk en minder as sewe punte verloor) met hierdie drie wedstryde ingesamel het, kon dié span in 11 ligawedstryde vanjaar slegs een wen.
Met slegs vyf wedstryde oor in vanjaar se presidentsliga sal Adias beslis hierdie naelskraapse nederlae in oorwinnings moet omskakel as die span in sy debuutseisoen relegasie na die laer liga (Karoostreek) wil vermy.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn,KLein Karoo nuus'