Gallery
OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Langenhoven Gimnasium se rugbyveld was verlede Saterdagoggend 'n miernes van bedrywighede toe verskeie kleuterskole in die Oudtshoorn-omgewing aan die jaarlikse Action Kids deelgeneem het.
Dié gewilde kleuteratletiekbyeenkoms wat kwart oor agt begin het, is vanjaar deur Crossfit Oudtshoorn aangebied en bestaan reeds 17 jaar.
Kleuters vanaf die ouderdom een tot ses jaar kon deelneem en die inskrywingsfooi het R25 per kleuter beloop.
Elkeen het 'n medalje vir deelname ontvang met die topdrie atlete wat elk met 'n trofee beloon is. Die resies het vir groot vermaak onder die toeskouers gesorg terwyl angstige mammas en pappas hul peuters by die eindstreep ingewag het. Vir enige navrae kontak actionkids@crossfitoudtshoorn.co.za.
Fotogalery: Action Kids op Oudtshoorn
Wyndham Ewerts van die Oudtshoorn Courant het die aksie afgeneem.
Die seuns o.3-jaar laat wiel na die eindstreep.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'