OUDTSHOORN NUUS - Laerskool Wesbank se 230 kg- en 400 kg-toutrekspanne het die naweek van 15 en 16 Maart, bronsmedaljes by die SA toutrekkampioenskappe in Kimberley verower.
Die span se afrigters Dimitri Loff, Ludwig Swanepoel, David Schoeman en Manie Potgieter is dit eens dat hulle trots is op die span se prestasies wat deur harde werk bereik is.
Die seëvierende 230 kg-span:
Duan van Niekerk, Enya Swanepoel, Lindi Wannenburg, Manus Potgieter, Juandre Simon, Darius Schoeman, John-David Schoeman, Ockert Griebenow en Karmi Potgieter
Die seëvierende 400 kg- span:
Mason Rex, Jaiden Simon, Albie Calitz, PJ Wannenburg, Arjan Blignault, Jeandré Alberts, Janco van Niekerk, Pedrie Matthee en Basson Terblanche.
Volgens een van die afrigters is dit slegs Laerskool Wesbank se tweede jaar dat die skool aan toutrek deelneem met die meerderheid leerders wat die sport ook vanjaar vir die eerste keer opgeneem het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’