SPORTNUUS - Die mans-eersteligaspan van die Wesbank-tennisklub het die 2023/24 mansligakompetisie van die Eden-tennisvereniging verlede Saterdag op 'n hoë noot begin toe hulle die span van Riversdal oortuigend met 4 - 1 geklop het.
Die besoekers het goed begin toe Wimpy Helmand vir Marcel Petzer in die eerste enkelspel met 6 - 3, 6 - 2 geklop het.
Wesbank het egter die tweede enkelspel sowel as die drie dubbelspelwedstryde gewen om as wenners uit die stryd te tree.
Die volledige uitslae is :
Enkelspel:
- Marcel Petzer (Wesbank) verloor teen Wimpy Helmand 3 - 6, 2 - 6
- JJ Smit (Wesbank) klop Francois Bischoff 3 - 6, 7 - 6, 6 - 3
Dubbelspel
- Zander Petzer en Jacques de Beer (Wesbank) klop Joshua Helmand en Neil Swart 6 - 1, 7 - 5
- Marcel en Zander Petzer (Wesbank) klop Wimpy Helmand en Neil Swart 7 - 6, 7 - 5
- JJ Smit en Jacques de Beer (Wesbank) klop Francois Bischoff en Joshua Helmand 6 - 3, 6 - 1
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’