OUDTSHOORN NUUS - Die PSP Timbers-rolbalspan is onlangs by die Oudtshoorn-rolbalklub as die wenners van die gewilde rolbal-sakeliga aangewys.
As deel van hul prys het PSP met R3 200 weggestap.
Dié toernooi is oor ses weke beslis met 36 spanne wat ingeskryf het.
Laerskool Wesbank en Makka Swart-konstruksie het onderskeidelik in die tweede en derde posisie geëindig. Volgens een van die organiseerders sal die volgende sakerolballiga vroeg in volgende jaar wees. Spanne wat wil inskryf kan die klub se sekretaris, Hendrik de Jager, by 082 418 7009 kontak.
Die toptien spanne is as volg:
- PSP Timbers
- Laerskool Wesbank
- Makka Swart-konstruksie
- CKI Looiery 2
- Blacklist Security
- Du Plessis Volkswagen
- Tyre & Treads
- Kanni Worry
- Cookie Club
- Wieldokter
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'