OUDTSHOORN NUUS - Plaaslike fietsryers, oud en jonk, het die afgelope naweek hul wielspeke behoorlik laat sing tydens twee pretwedfietsry-wedrenne wat Jakhals Events by die Oudtshoorn-ovaalbaan en Klein Karoo Agri se perseel aangebied het.
Die wedrenne het Saterdag en Sondag onder streng Covid-19-veiligheidsmaatreëls plaasgevind en geen toeskouers was toegelaat nie.
Nie-deelnemers moes ook die wedrenne vanuit hul motors kyk.
Benino Hans (voor) het die 0.19 afdeling gewen. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'