OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 50 spelers het Saterdag 28 Junie by Oudtshoorn Country Club deelgeneem aan die 2025 Oudtshoorn ope veerpyltjie provinsiale toernooi, wat deel was van die Oudtshoorn-sportfees. Die fees duur nog tot 9 Julie.
Dertig mans, 18 vroue en 12 juniors van klubs in Oudtshoorn, George, Calitzdorp en Ladismith het mekaar die stryd aangesê en vir groot opwinding gesorg.
In die mansafdeling het Diederick Lerm met die eerste prys weggestap met Willroy du Plessis die naaswenner en Donovin John derde.
Cecerah Toua, voorsitter van Oudtshoorn Country Club Veerpyltjies (links) en Carol Swanepoel (regs) saam met die manswenners, Willroy du Plessis (tweede), Donovin John (derde) en die wenner, Diederick Lerm. Foto's: Garnett Wicomb
Jessica Lenaers is as die vrouekampioen gekroon met Cecerah Toua die naaswenner en Carmen Wolmarans derde.
Maxine Smit (middel) was die dogterswenner. Links is Cecera Wolmarans en regs staan Carol Swanepoel.
In die juniorafdeling vir seuns was dit Marciano Claassen wat gewen het met Franco Meyer tweede en HJ Botha in die derde plek.
Maxine Smit was die wenner in die juniorafdeling vir dogters.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’