DYSSELSDORP NUUS - Dysselsdorp spog met 'n splinternuwe veeldoelige sportfasiliteit by Dysselsdorp Sekondêr. Die fasiliteit is Woensdag 24 September amptelik deur die adjunk-president, Paul Mashatile, en die burgemeester van Oudtshoorn, Johan Allers, ingehuldig.
Vyf sportkodes
Die fasiliteit is moontlik gemaak deur die Sport Trust, vyf sportkodes, waaronder 5-'n-kant sokker (futsal), netbal, basketbal, vlugbal en tennis, kan daar beoefen word.
Die sportfasiliteit se opper-vlakte is gemaak van eko-vriendelike materiaal wat weerstand bied, onderhoudsvry is en gebruik kan word in alle weerstoestande. Dit bied ook 'n veilige en toeganklike spasie vir kinders om sport te beoefen.
Marius Wagenaar, skoolhoof by Dysselsdorp Sekondêr is baie opgewonde en positief oor die fasiliteit.
"Dit gaan ons kinders die geleentheid gun om vyf sportkodes te beoefen, veral netbal, sokker en basketbal.
"Ons buitemuurse aktiwiteite gaan nou 'n groot hupstoot kry en vir ons as skool en gemeen-skap is dit uiters voordelig. Spanbou, dissipline en sport is deel van ons waardes en is belangrik vir ons."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’