OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die vonke het Saterdag behoorlik by die Oudtshoorn-ovaalbaan gespat tydens die eerste motorwedrenkampioenskappe wat plaasgevind het sedert die Covid-19-inperking.
Volgens een van die organiseerders, Dirk van der Westhuizen het 74 motors in die ontwikkelingsklas, Hot Rods, Heavy Metals, 8 silinders, 2.1 modifieds en 1660-klas deelgeneem.
Saterdag se wedrenne was 'n ope kampioenskap waaraan enige dorp kon deelneem.
Slegs geaffilieerde motorryers van die George- en Oudtshoorn-motorklubs kon egter punte verdien wat sal bepaal wie later vanjaar as die SWD-kampioen gekroon sal word.
Die oorblywende motorwedrenne waarna petrolkoppe kan uitsien vir die jaar is 21 November (Oudtshoorn), 24 Oktober (George) en 19 Desember (Oudtshoorn).
JP du Plessis was die wenner in die 1660 klas.
Lucuis Fourie en Manfred Oelf dreun mekaar op in die V8 klas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'